af
Andre Brink

Gerugte van reën

Meld me wanneer het boek is toegevoegd
Dit boek lezen upload een EPUB- of FB2-bestand naar Bookmate. Hoe kan ik een boek uploaden?
Gerugte van reën is met sy verskyning in 1978 maande lank deur die apartheidsregering onder embargo geplaas. Vir baie bly dit steeds een van André P. Brink se grootste romans. In ’n land geteister deur droogte bly reën net ’n gerug – maar as dit die slag kom, dan word dit ’n vloedwater wat alles met apokaliptiese geweld wegspoel. Hierdie sentrale beeld word weerkaats in al die fasette van Brink se voorstelling van Suid-Afrika op die rand van ’n afgrond. In die sentrum staan Martin Mynhardt, ryk Afrikaanse nyweraar, wat ’n naweek op sy ou familieplaas gaan deurbring om oor die verkoop daarvan te besin. ’n Oënskynlik eenvoudige besluit word vir hom byna onhanteerbaar namate sy ganse lewe in die engte van daardie een naweek saamgetrek word. Met ’n netwerk van kruisverwysings word die vier dae van die roman voorgestel in terme van ’n viervoudige verlies, naamlik sy beste vriend (’n leidende Afrikaanse advokaat pas veroordeel as terroris), sy pa wie se historiese sintuig vir Martin onbegryplik bly, sy seun wat ná die Angolese oorlog “moeilik” geword het, en sy minnares wat hom voor ’n onmoontlike keuse stel. In hierdie dramatiese proses, gekenmerk deur temas soos menslike verantwoordelikheid, historiese verbondenheid, onskuld en identiteit, word ’n hele panorama van die Suid-Afrikaanse lewe belig en ’n breë spektrum karakters bygebring in die ondersoek van die netelige vraag: “Wat is ’n Afrikaner?” Ten slotte bly Martin alleen oor, gestroop van alles wat vir hom belangrik was en verdoem deur sy onvermoë om lief te hê – hetsy vader of moeder of land, eggenote, broer of seun, vriende of ander vroue. In Suid-Afrika is die Engelse uitgawe van Gerugte van reën bekroon met die CNA-prys en in Brittanje is dit tweede geplaas deur die beoordelaars van die Bookerprys. Dit is in verskeie tale vertaal.
Dit boek is momenteel niet beschikbaar
522 afgedrukte pagina’s
Oorspronkelijke uitgave
2014
Jaar van uitgave
2014
Hebt u het al gelezen? Wat vindt u ervan?
👍👎
fb2epub
Sleep je bestanden hiernaartoe (maximaal 5 per keer)