af
Mike Nicol

Staatsrotte

Meld me wanneer het boek is toegevoegd
Dit boek lezen upload een EPUB- of FB2-bestand naar Bookmate. Hoe kan ik een boek uploaden?
Gaan vind die skurk wat in meisies handel dryf. Dís agent Vicki Kahn se eerste missie, noudat sy vir die Agentskap vir Staatsveiligheid werk. Die feit dat die skurk ’n topmodel en ’n eksmeisie van die president se seun is, maak dinge moeiliker. Op Schiphol-lughawe digby Amsterdam glip die model deur Vicki se vingers en hierna, in Berlyn, vind Vicki haar kontakpersoon op sy kombuisvloer met ’n koeël in die kop. Maak dat jy wegkom, sê Vicki se gesonde verstand.
Intussen ondersoek Fish Pescado die aanval op ’n rebelleleier van die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Die leier is platgetrek op die trappies van die St. Georgekatedraal in Kaapstad. Fish die surfer, die privaatspeurder en Vicki Kahn se hart se punt. Fish se saak gaan draai by niemand anders nie as Suid-Afrika se president. Fish word gewaarsku: Moenie krap nie, gaan surf en vat jou meisie Vicki Kahn saam — voor dinge warm raak.
Geheime, verskuilde agendas, kommunistiese komplotte. Vicki en Fish is in ’n maalkolk.
Dit boek is momenteel niet beschikbaar
364 afgedrukte pagina’s
Oorspronkelijke uitgave
2016
Jaar van uitgave
2016
Hebt u het al gelezen? Wat vindt u ervan?
👍👎
fb2epub
Sleep je bestanden hiernaartoe (maximaal 5 per keer)