af
Andre Brink

Lobola vir die lewe

Meld me wanneer het boek is toegevoegd
Dit boek lezen upload een EPUB- of FB2-bestand naar Bookmate. Hoe kan ik een boek uploaden?
Lobola vir die lewe is die werk waarmee André P. Brink in 1962 sy eerste enorme bydrae gelewer het tot “die vernuwing van Sestig”. Hierdie e-boekuitgawe bied die eerste e-boekvorm van dié belangrike roman in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Met Lobola vir die lewe was daar meteens ’n Afrikaanse roman wat in vorm en inhoud iets nuuts gedurf het – ’n roman wat krities staan teenoor die eie en die verlede, eksistensiële temas ondersoek, op verskillende vlakke beweeg, méér van die leser verg. Dit is ’n aanduiding van die roman se trefkrag dat hy vandag nog steeds modern aandoen, die leser nog steeds beetpak op ’n manier wat min latere romans dit kan doen. Lobola vir die lewe vertel die verhaal van François Raubenheimer, ’n buitestanderfiguur wat as jong man uitvind dat hy ’n aangenome kind is. So begin ’n soeke na identiteit wat hom onder meer na Europa neem. Terug in Suid-Afrika maak hy in Kaapstad kennis met die oudsoldaat Hendrik Karel Serfontein en knoop ’n verhouding aan met Marie Groenewald, met noodlottige gevolge.
Dit boek is momenteel niet beschikbaar
218 afgedrukte pagina’s
Oorspronkelijke uitgave
2014
Jaar van uitgave
2014
Hebt u het al gelezen? Wat vindt u ervan?
👍👎
fb2epub
Sleep je bestanden hiernaartoe (maximaal 5 per keer)